ACC vra publiek se hulp om verdagtes op te spoorFebruary 11, 2022
Vyf verdagtes word deur die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië in verband met omkopery gesoek. Een van die verdagtes is Meriam ‘Baba’ Afrikaner, wat as tolk by die landdroshowe van Katutura en Rehoboth gewerk het. Josephine Nghituwamata, die kommissie se woordvoerder, doen ‘n beroep op die publiek om die verdagtes te help opspoor.