Kleinskaalse SA varkboere gaan nie vanjaar oorleefJanuary 28, 2022

Baie varkboere in die buurland wat op klein skaal boer, gaan na verwagting nie vanjaar oorleef nie. Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie se uitvoerende hoof, Johann Kotzé, voorspel dit weens die onsekerhede in die mark wat varkboere onder druk plaas. Dis veral boere met 100 tot 400 diere, wat swaarkry. Hy verduidelik dat verhoogde pryse van varkvoer boere dwing om hul diere met huishoudelike kos-afval te voer en dit kan tot siektes lei. Hy sê aan die positiewe kant neem die vraag na varkvleis toe.