Wen met Internasionale MoedertaaldagJanuary 26, 2022

Netwerk Namibië vier Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie. Kom lê jou eiertjie en lewer jou insette. Vertel wat is jou gunsteling Afrikaanse woord of sê-ding is. Jy staan ‘n kans om een van drie geskenkbewyse van 1 000 Namibiese dollar elk van Shoprite/Checkers te wen, sê Elizma Theron, bestuurder van Netwerk Namibië aan Kosmos 94.1 Nuus.