Boris voeg sy stem by teen PutinJanuary 26, 2022

Rusland staar Westerse sanksies in die gesig wat erger sal wees as enigiets vantevore indien hy die Oekraïne binneval. Dit is die waarskuwing van Britse eerste minister Boris Johnson. Daar word berig Johnson het die Russiese President Vladimir Putin weer gewaarsku oor die verwoestende gevolge van enige invalle deur sy magte.