Minstens ses dood in stormloop by Afcon-wedstrydJanuary 25, 2022
Die Konfederasie van Afrika-sokker sê hy stel tans ondersoek in na die noodlottige voorval buite ‘n stadion in Kameroen, waar ‘n Afrikanasiesbeker-wedstryd gehou is. Minstens ses mense is dood en 40 beseer in ‘n stormloop voor die wedstryd tussen Kameroen en die Comoro-eilande. Volgens berigte het die voorval plaasgevind toe skares probeer het om toegang te kry tot die stadion in die Kameroense hoofstad, Yaounde. Die Olembe-stadion het plek vir 60 000, maar weens Covid-19-regulasies is net 80 persent, of 48 000 toegelaat.