Ondanks goeie invloei, is Namibiese damme leër as verlede jaarJanuary 24, 2022

Met invloei na die goeie reënval, het Namibiese damme heelwat voller geraak en staan gesamentlik op 82,4 persent vol. Veral die Suide-damme het goeie invloei gehad, soos die Hardapdam wat 67,353 miljoen kubieke meter water ingekry het. Die Swakoppoortdam het ‘n invloei van 2,799 miljoen kubieke meter water gehad en staan nou op 79,3 persent. Sentrale damme is steeds teen gesamentlik 58 persent vol, leër as verlede jaar se 93,1 persent.