NAC sê ondersoek na kaalvoet-werknemer by lughawe is internJanuary 24, 2022

Die Namibiese Lughawensmaatskappy sê dit is nog besig om die saak te hanteer van sy werknemer wat onlangs ten aanskoue van passasiers kaalvoet gewerk het by die inboek-toonbank van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako. Dan Kamati, die bemarkingsbestuurder van die NAC, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dringende aandag word aan die saak gegee en die besluit sal aan die publiek bekend gemaak word, maar vir nou is dit steeds ‘n interne saak.