Kaapstad gaan herwinnaars beloonJanuary 23, 2022
Kaapstad se departement van vaste afval-bestuur gaan ‘n mobiele ruilwinkel-program in werking stel. Dis daarop gerig om rommel minder te maak en dit vir inwoners makliker te maak om te herwin. Inwoners sal uit hul huise kan herwin. Die handelsnaam Swop Shop sal maklik herkenbaar wees. Dit sal verskillende goedere van waarde vir vooraf-gesorteerde herwinbare afval aanbied.