Huldeblyke stroom in vir wyle Katuutire Kaura (80)January 23, 2022
Huldeblyke stroom van heinde en verre in ná die afsterwe laasnag van die voormalige DTA-president, Katuutire Kaura. Hy was 80 jaar oud. Kaura, ‘n voormalige parlementslid, was die DTA se president vanaf 1998 tot 2013 nadat hy Mishake Muyongo vervang het. President Hage Geingob het Kaura later as adviseur van die goewerneur van die Kunene-streek aangestel nadat hy by Swapo aangesluit het. Die Ovaherero Tradisonele Owerheid en die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het onder meer hul medelye uitgespreek aan Kaura se vrou, Vicky, en kinders. Venaani sê hy onthou Kaura as ‘n politieke onderwyser, wetmaker, boer en akademikus.