PAC: Toerismeminister se aanval op Afrika-regters is goedkoop populismeJanuary 22, 2022

Die Pan Africanist Congress of Azania sê die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, se aanval op Afrika-regters en die regterlike gesag is goedkoop populisme wat daarop gerig is om President Cyril Ramaphosa te ontsetel. Die party meen sy kan haar tyd beter bestee deur die gemors reg te ruk wat sy in die sektor onder haar beheer aangehelp het. Kodisang Bokaba van die PAC beskuldig Sisulu daarvan dat sy vuil speel in ‘n poging om ondersteuning te wen, omdat haar ANC-ondersteuners in haar veldtog om president te word, min raak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *