Tonga-uitbarsting veroorsaak oliestorting in PeruJanuary 20, 2022

Peru se departement van buitelandse sake sê ‘n oliestorting by ‘n raffinadery in dié land is ‘n ekologiese ramp. Na wat berig word het meer as ses-duisend vate olie by die La Pampilla-raffinadery gelek nadat golwe weens Tonga se vulkaniese uitbarsting Saterdag ‘n olietenkskip getref het. Die departement sê die oliestorting het diere- en plantlewe in bewaarde dele rondom eilande en visserystreke beskadig. Die departement sê verder die operateur Repsol moet dadelik vir die skade vergoed.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *