Macron sê Europa moet moondheid wordJanuary 20, 2022

Die Franse president, Emmanuel Macron, wil hê Europa moet in die toekoms ‘n moondheid word wat in staat sal wees om sy eie sekerheid te waarborg, terwyl Rusland op die vasteland se drumpel besig is met militêre optrede. Die 44-jarige leier het wetgewers in die Europese Parlement toegespreek en sy prioriteite uitgespel vir Frankryk se beurt om die ses maande roterende presidentskap van die groepering van 27 lidlande te beklee. Baie kenners beskou die gedagte as vergesog, weens beleidsverskille tussen lidlande en hulle onwilligheid of onvermoë om hul verdedigingsbronne saam te voeg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *