51 gevangenes se appèlsake vandag in die hofJanuary 20, 2022
Die hofrol word vandag oorheers met appèlsake wat aangehoor moet word. Die adjunk-regterpresident Hosea Angula het 51 sake waar veroordeelde misdadigers reeds teen hulle vonnisse appelleer het en van die sake kom vlugtig vandag voor. Meeste van die aansoekers gebruik regshulp wat die staat moet befonds en talle slaag nie in hulle aansoeke nie. Intussen sal die Fishrot-saak ook vlugtig voor regter Christie Liebenberg vandag kom vir ‘n kort opdatering op die bestuur van die saak.