NantSA se entstof-vervaardigingsaanleg in Kaapstad geopenJanuary 19, 2022

Wes-Kaapse premier Alan Winde het President Cyril Ramaphosa vergesel na die bekendstelling van ‘n koalisie om Afrika se toegang tot gevorderde gesondheidsorg te versnel en die NantSA se entstof-vervaardigingsaanleg in Kaapstad in te wy. Winde sê die koalisie mik daarna om teen 2025 miljarde dosisse Covid-entstof te vervaardig. Die koalisie wil vernuwende vervaardigings-tegnieke vestig om nuwe behandeling te voorsien vir lewensbedreigende siektes soos kanker, tuberkulose en vigs. Die inwyding is gelei deur die stigter van NantWorks, Patrick Soon-Shiong. NantSA is ‘n filiaal van NantWorks.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *