Goosen word onder-20 skopafrigter by die BullsJanuary 9, 2022

Rugby: Die president van die Bulls, Willem Strauss, sê die losskakel, Johan Goosen, is as ‘n afrigter by die klub aangestel. Die 29-jarige voormalige Springbok het in Oktober verlede jaar ‘n knie-ligament geskeur. Hy sal na ‘n suksesvolle operasie vir die volgende agt tot nege maande rehabilitasie ondergaan. Goosen sal die Bulls se onder-20 skop-afrigter wees. Strauss het die aanstelling op Twitter bevestig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *