Swaar verkeer word die naweek op die land se paaie verwagJanuary 8, 2022
Die feesseisoen eindig die naweek vir baie Namibiërs en volgens die verkeersowerhede word swaar verkeer op van die hoofroetes verwag..Daar heers ook kommer oor motorongelukke die naweek op die land se paaie. Hoofinspekteur Rozario Coetzee van die Namibiese polisie se verkeersdepartement maan motoriste om versigtig te bestuur en padreëls te gehoorsaam.