NUDO neem 2022 onder die loepJanuary 8, 2022
Met 2022 hier het almal planne en verwagtinge vir die nuwe jaar. Terwyl ander hoop vir werksgeleenthede of bevordering, het politici en politieke partye hulle wense oor hoe om regeringsake te hanteer. Joseph Kauandenge van Nudo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê ‘n top-prioriteit van die party vir 2022 is dienslewering en brood-en-botter-kwessies vir Namibiërs, veral op die vlak van plaaslike owerhede.