Kragonderbreking ontwrig ANC funksieJanuary 8, 2022

Die ANC se 110 jaar vieringe in Limpopo het gisteraand ‘n moeilike begin gehad. President Cyril Ramaphosa moes sy toespraak by die party se fondsinsamelings-galadinee in Polokwane kortknip, weens ‘n kragonderbreking. Die geleentheid is bygewoon deur verskeie sakepersone wat gehoop het om sosiaal met die ANC-leiers te verkeer. News24 berig dit is nie duidelik wat die kragonderbreking om ongeveer twintig oor nege veroorsaak het nie, maar Ramaphosa en adjunkpresident David Mabuza is kort daarna weggeneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *