Groot skade in Suid-Afrika na swaar reën en haelstormsJanuary 8, 2022

AgriSA sê hy is besig om inligting in te vorder van saaiboere landwyd om te bepaal wat die impak van die afgelope weke se swaar reën en haelstorms op hulle plase is. ‘n Besluit sal aanstaande week geneem word of die gebiede wat die ergste geraak word, as rampgebiede verklaar moet word en of die regering vir finansiële bystand gevra moet word. Die weerstoestande het gelei tot skade aan oeste in groot dele van die Vrystaat, Noordwes, Gauteng en Mpumalanga. Die Weerburo sê hulle verwag dat die bo-normale reënweer weens die La Niña-verskynsel nog tot einde Maart sal voortduur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *