Geweld en protesaksies in Kazakstan bly in die nuusJanuary 8, 2022

Kazakstan se president sê hy het persoonlik sekerheidspersoneel gemagtig om los te brand op wat hy beskryf as “terroriste” en om te skiet om dood te skiet. Dit volg na dae van uiters geweldadige protesaksie in die voormalige Sowjet-nasie. Ten minste 26 betogers is dood en meer as drie-duisend word aangehou. Regeringsgeboue is aan die brand gesteek en meer as ‘n dosyn sekerheidspersoneel is dood. In ‘n televisie-onderhoud het president Kassym-Jomart Tokayev oproepe deur sommige lande vir gesprekvoering met die oproermakers as “nonsens” afgemaak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *