Djokovic bedank ondersteunersJanuary 8, 2022

Tennis: Novak Djokovic het sy stil- swye in Australië verbreek om ondersteuners te bedank nadat die land se minister van Binnelandse Sake, Karen Andrews, gesê het hy is enige tyd vry om te gaan en word nie aangehou nie. Die 34-jarige word in isolasie gehou by ‘n hotel in Melbourne, in afwagting op die uitkoms Maandag van sy appèl teen die besluit om die heersende Australiese Ope-kampioen se visum te kanselleer en hom te deporteer. Djokovic het ondersteuners wat in Serwië en Melbourne betoog het, op Instagram bedank.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *