Die brand by die parlement in Kaapstad bly in die nuusJanuary 8, 2022

Die DA in Suid-Afrika sê die vrystelling van die verslag deur die Stad Kaapstad se Brandweer-departement, is net nog ‘n spyker in die kis van diegene wat verantwoordelik was vir die beveiliging van die parlementêre-gebied, en dit nie gedoen het nie. Volgens Samantha Graham-Maré van die DA was die buurland se minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Patricia de Lille, se inligtingsessie Dinsdag niks anders as misleidend en ‘n verdoeseling van feite nie. De Lille het gesê die brandbeveiligingstelsel is gereeld nagegaan en onderhou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *