Britse soldate na hospitale ontplooi na personeeltekorteJanuary 7, 2022
Die Britse regering het sowat 200 militêre personeellede ontplooi by hospitale in Londen wat met personeeltekorte sukkel. Mediese personeel sal dokters en verpleërs van die Nasionale Gesondheidsdiens bystaan om pasiënte te behandel terwyl ander soldate met ander pligte sal help. Volgens media sê die Koninklike Verpleegkollege die regering kan nie langer die personeelkrisis in die gesondheidsdiens ontken nie. Die kollege beskuldig eerste minister Boris Johnson daarvan dat hy vrae vermy oor personeel se vermoë om veilige sorg te lewer. Byna 180 000 nuwe Covid-19-gevalle is gister in die Verenigde Koninkryk aangemeld.