Namibiese jagters woon grootste jagskou in Dallas byJanuary 6, 2022
Jagters van regoor die wêreld kom vandag in Dallas in Texas byeen vir die 40ste Dallas Safariklub Jagskou- en Konferensie. Talle Namibiese eienaars van jagplase, professionele jagters en taksidermiste woon gewoonlik die jagskou by. Die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Axel Cramer, bevestig aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar wel vanjaar Namibiërs by die Dallas Jagskou teenwoordig is wat tot 9 Januarie duur.