Interpol besig met uitleweringsproses van ontvoeringverdagte in MosambiekJanuary 6, 2022

Interpol is besig met die uitleweringsproses van ‘n 40-jarige verdagte in Mosambiek, in verband met die ontvoering van ‘n 11-jarige meisie in Gauteng. Hy is verlede week in Mosambiek in hegtenis geneem op aanklagte dat hy in November verlede jaar vir Maha Qassim, net buite die skoolterrein in Mayfair, Johannesburg ontvoer het. Die polisie-woordvoerder, Robert Netshiunda, sê die meisie is ongedeerd gered, maar is na ‘n mediese fasiliteit geneem vir ondersoeke, en is sedertdien met haar gesin herenig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *