Sekuriteit reeds om Capitol Hill verskerpJanuary 5, 2022

Dit is môre ‘n jaar sedert die opstand by Capitol Hill in Washington. Internasionale nuusagentskappe berig dat sekuriteit reg om die gebou reeds verskerp is en talle lede van die polisie is reeds ontplooi met betogingstoerusting. Daar is reeds ‘n geruime tyd kommer oor ‘n moontlike gewelddadige herdenking van die opstand en owerhede het reeds verskeie sosiale media platforms in aanloop tot die dag, gemonitor. Die gebied is ook afgesper.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *