Man glo met twee handgranate op Bloemfontein-lughawe vasgetrekJanuary 3, 2022

‘n Man wat vanoggend vanaf Bloemfontein na Kaapstad wou vlieg, is glo in hegtenis geneem nadat veiligheidspersoneel by die Bram Fischer-lughawe twee handgranate by hom gevind het. Die lughawegebou is ontruim en almal moes op die parkeerterrein bymekaar kom. Verskeie ooggetuies het volgens Suid-Afrikaanse media gesê die polisie was vroeg op die toneel. Slegs mense wat vlieg, was om tien-uur toegelaat in die lughawe se gebou.   

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *