Ekonoom voorspel ook styging in Namibiese voedselpryseJanuary 3, 2022
Die Internasionale Monetêre Fonds sê voedselpryse sal daal, maar die Suid-Afrikaanse ekonoom Mike Schussler sê voedselpryse sal styg. Stygende vervoer- en voedselpryse het hoër inflasie in baie lande aangevuur. Hierdie globale faktore kan in 2022 steeds bydra tot inflasie, veral hoë voedselpryse. Dit het veral negatiewe gevolge vir huishoudings in lae-inkomstelande waar sowat 40 persent van verbruikersbesteding aan voedsel is. Theo Klein ‘n ekonoom van Simonis Storm gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.