Cyril Ramaphosa besoek parlement ná brandskadeJanuary 3, 2022

Brandweer-veiligheidsbeamptes van die Stad Kaapstad sal veral ondersoek hoe dit gebeur het dat die brand van die ou Volksraad na die nuwe Nasionale Vergadering versprei het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die brand kon op nog ‘n plek ontstaan het, of deur die lugreëlingstelsel versprei het. Aanvanklike bevindinge wys op moontlike gebrekkige onderhoud, aangesien van die sproeiers in 2020 reeds gediens moes gewees het. Ondersoekbeamptes kon nie dokumente vind om te bevestig die sproeiers is wel gediens nie. President Cyril Ramaphosa het vanoggend die parlement-kompleks besoek om die omvang van die brandskade waar te neem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *