ANC betreur dood van burgemeester van EmalahleniJanuary 3, 2022

Die ANC in die Nkangala-gebied in Mpumalanga sê die party betreur die tragiese en ontydige dood van die burgemeester van Emalahleni, Linah Malatje. Sy en haar man, Esau Malatjie, is noodlottig beseer in ‘n motorongeluk tussen dié dorp en KwaMhlanga. Hul motor het teen ‘n bakkie gebots. ‘n Woordvoerder, Sello Matshoga, sê die burgemeester se dood laat ‘n groot leemte in die ANC en die regering.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *