Tutu: Covid & ouderdom hou Dalai Lama tuisJanuary 2, 2022
Die rede waarom die Tibettaanse geestelike leier, die Dalai Lama, nie gister die begrafnis van Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu bygewoon het nie, is onthul. Die Lama se Suid-Afrikaanse verteenwoordiger, Ngodup Dorjee Shingchen, sê hy wou inderdaad die begrafnis bywoon, maar het daarteen besluit weens sy hoë ouderdom en die voortdurende risiko wat die Covid-19-pandemie inhou. Hy is 86. In sy afwesigheid het die Dalai Lama sy meegevoel met die familie van sy spesiale vriend betuig.