Covid: 41,2% is hoogste positiewe koers tot dusverDecember 27, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het ‘n rekord positiewe koers van Covid-gevalle aangemeld, op 41,2 persent. Dit is tot dusver die hoogste koers sedert gevalle begin toeneem het na die aankondiging van Omikron gedoen is. Al die streke in die land het gevalle bevestig met Khomas, Oshana en Erongo in die top-drie. Daar is 77 leerders, 16 onderwysers, 20 studente en 35 gesondheidswerkers in die groep. Agttien gevalle het een spuit ontvang, 130 is ten volle ingeënt en nege het ‘n versterkdosis ontvang. ‘n Totaal van 25 ingeënte gevalle het nie dié inligting aangedui nie. Daar is 935 pasiënte wat herstel het en 329 in die hospitaal.