Coldplay: laaste album in 2025December 24, 2021
Die veelbekroonde Britse groep Coldplay het aangekondig dat hulle hul laaste album in 2025 wil opneem. Die groep se medestigter en hoofsanger, Chris Martin, sê die groep beplan ‘n eko-vriendelike wêreldtoer vir volgende jaar waartydens die konsertgangers die krag vir die vertoning sal opwek met behulp van kinetiese vloere en fietse. Coldplay is in 1997 gestig en is bekend vir treffers soos Yellow en Clocks. Hulle het hul eerste ateljee-album, Parachutes, in 2000 uitgereik en daarna nog agt albums opgeneem, insluitend Music of the Spheres, wat in Oktober uitgereik is. Die groep het meer as 100 miljoen albums verkoop.