Le Clos moet tevrede wees met silwerDecember 19, 2021

Suid-Afrika se held Chad le Clos moes met silwer tevrede wees in die 100-meter vlinderslag in die eindronde van die Wêreld Kortbad-kampioenskap in Abu Dhabi. Le Clos wou sy vyfde goue medalje wen, maar Matteo Rivolta het hom geklop. Le Clos se tyd van 49,04-sekondes was 0,17-sekondes stadiger as dié van Rivolta. Die silwer was Le Clos se tweede medalje in die 15de aflewering van die kampioenskap nadat hy brons in die 200-meter vlinderslag gewen het. Hy het sedert 2010 al 17 medaljes by hierdie byeenkoms gewen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *