Zuma-parool: verlof tot appèl is DinsdagDecember 18, 2021
Korrektiewe Dienste, saam met regslui vir oudpresident Jacob Zuma, sal Dinsdag in die Hooggeregshof in Pretoria aansoek doen vir verlof tot appèl in verband met die hof se beslissing dat Zuma moet terug gaan tronk toe. Regter Elias Matojane het die week beslis dat Zuma se mediese parool onwettig deur die hoof van die diens, Arthur Fraser toegestaan is na ‘n aansoek deur die DA. Matojane het beslis dat Zuma sy 15 maande tronkstraf vir minagting van die hof moet uitdien.