Werklose ma van 5 wen N$14m in lottoDecember 18, 2021

‘n Werklose ma van vyf van Oudtshoorn in die Klein-Karoo het hierdie week se 14 miljoen Suid-Afrikaanse rand Lotto-boerpot gewen. Die Nasionale lotery-operateur Ithuba sê sy het haar gesin met ‘n minimum maatskaplike toelaag onderhou. Die wenner, wie se naam nie bekend is nie, se eerste prioriteit is om na ‘n beter deel van Oudtshoorn te trek en vir haar gesin ‘n groter huis te koop. Ithuba beklemtoon trauma-berading is beskikbaar vir lottowenners aangesien die wen van ‘n groot bedrag geld oorweldigend kan wees. Hulle kan ook gratis finansiële raad kry.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *