Verpligte inentings weer in VSA deur hof ingestelDecember 18, 2021
‘n Amerikaanse federale appèlhof het weer verpligte inenting vir groot maatskappye se werkenemers ingestel. Die bepaling is verlede maand in die hof betwis en gestaak. President Joe Biden het 4 Januarie as spertyd gestel vir maatskappye met meer as 100 werknemers om te verseker hulle word ingeënt. Die administrasie sê dit raak meer as twee-derdes van die land se werkers. Die uitspraak van die appèlhof vervang die vorige bepaling en laat verpligte inenting voortgaan. Die saak sal waarskynlik nou voor die Hooggeregshof dien.