Ovaherero-leiers vertrap die mense vir eie beswilDecember 18, 2021
Die Ovaherero-volk is verdeeld, nie net oor die aanstelling van professor Mutjinde Katjiua as die aangewese opperhoof nie, maar ook in verband met die volksmoord ooreenkoms wat tussen die Namibiese en Duitse regerings onderteken is. Die leier van die Rally for Democracy and Progress, Mike Kavekotora sê dat van die Nasionale Vergadering, tot by die volk se tradisionele owerheid, word die Oveherero misbruik as gevolg van die belange van politici wat hulle eie doelwitte bo dié van die volk stel. In sy mening is die binnegevegte ‘n doelgerigte plan om die Ovaherero te verdeel en hy voeg by dat leiers wat die politiek wil betree nie die mense daarvoor moet gebruik nie. Hy sê die volk moet politiek uitlos en op tradisionele vlak verenig om sodoende die belangrike doelwitte van die Ovaherero te bereik.