Polisiemotor slaan aan die brand na ongelukDecember 17, 2021

Drie polisiebeamptes is net na een-uur vanoggend in Mondesa beseer toe ‘n wit sedan vermoedelik deur ‘n verkeerslig gejaag het en ‘n polisievoertuig getref het. Die polisie se bakkie het aan die brand geslaan maar, volgens Code Red Medical Services in Swakopmund, is die beamptes lig beseer. Die bestuurder van die sedan het sy motor daar gelos en die toneel gevlug.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *