Oud-Air Namibia personeel moet nog wag vir betalingsDecember 17, 2021
Die voormalige werknemers van Air Namibia sal moet wag vir volle betaling van hulle skeidings pakkette. Die likiwdateurs, Dave Bruni en Ian McClaren het nog nie genoeg bates verkoop om die 105 miljoen Namibiese dollar wat aan die 696 werknemers geskuld word, te betaal nie. Daar is nog twee Airbus A319 vliegtuie, vier Embraers en die kantoorgebou wat van die hand gesit moet word. Die redery skuld die Namibiese Lughawensmaatskappy 700 miljoen dollar en 789 miljoen dollar aan die Ontvanger. Daar is verskeie ander krediteure wat ook op betaling wag. Volgens die minister van openbare ondernemings, Leon Jooste, sal geen krediteur voorkeur kry nie.