27 dood in Osaka-brandDecember 17, 2021

Minstens 27 mense is vermoedelik dood in ‘n brand in ‘n agt-verdieping-gebou in die stad Osaka in Japan. Die brand het uitgebreek op die vierde verdieping van die gebou, waar ‘n kliniek bedryf word wat geestesgesondheidsdienste en algemene mediese sorg bied. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat brandstigting die oorsaak is. Dodelike brande is ongewoon in Japan, waar streng boureëls geld. Geweldsmisdade kom ook selde in dié land voor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *