Kleinseun, 16, aangekla van verkragting van ouma, 81December 16, 2021

Die Namibiese polisie sê ‘n 16-jarige seun is by die Dingandu-nedersetting in die Kavango Oos-streek in hegtenis geneem op klagte dat hy sy 81-jarige ouma verkrag het. Die polisie se koördineerder vir misdaad ondersoeke Bonifatius Kanyetu sê dat die slagoffer na haar bure gestap het toe haar kleinseun haar vermoedelik in die bosse ingetrek het en verkrag het. Die verdagte sal môre in die landdroshof op Rundu verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *