Forensiese ondersoeke het meer geld nodigDecember 16, 2021
Die agterstand by die Namibiese polisie se forensiese instituut sal nie sonder ‘n verhoging in begroting ingehaal kan word nie. DNS-toetse is uiters duur en kos net minder as 10 000 Namibiese dollar elk maar, volgens die hoof by die instituut, kommissaris Nelius Becker, is daar ook dringende ondersoeke wat tussenbeide tree en onmiddellik aandag nodig het… Becker het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.