Cele besoek Gauteng vir veilige feestydDecember 16, 2021
Misdaad neem tradisioneel net voor, en gedurende die feestyd toe en plaaslik word dit reeds waargeneem. In Suid-Afrika sal die minister van polisie, Bheki Cele, vandag die jaarlikse Veiliger Feestyd-inspeksietoer in Kagiso, Gauteng, waarneem. Die woordvoerder vir die polisieministerie, Lirandzu Themba, sê die besoek is deel van die polisie se pogings om hulpbronne beskikbaar te stel in gebiede waar dit die nodigste is. Hulle wil ook seker maak die polisie tree gedurende die vakansietyd daadkragtig op teen misdaad: