Zimbabwiërs in Botswana nie meer as politieke vlugtelinge erkenDecember 15, 2021
Botswana erken nie meer politieke vlugtelinge van Zimbabwe wat die land in 2008 binnegekom het omdat hulle onder Robert Mugabe se bewind politieke geweld probeer ontvlug het nie. Dit volg op die poging van vyf vlugtelinge wat hul uitsetting deur Botswana se departement van verdediging, justisie en veiligheid, in die hof probeer betwis het. Die hooggeregshof in Gabarone het geweier om hul saak aan te hoor, aangesien hulle meer as ‘n jaar gewag het om die hof oor hul naderende uitsetting te nader.