Telkom se bestuurshoof ontruim sy pos einde DesemberDecember 15, 2021

Telkom het aangekondig sy bestuurshoof, Sipho Maseko, gaan sy pos ontruim aan die einde van die maand. Die aankondiging is byna ses maande vroeër as wat verwag is. Serame Taukobong is as die nuwe bestuurshoof benoem en sal die posisie vul vanaf Januarie. Telkom sê Maseko sal uit die Telkom-raad en dié van sy filiale tree, maar sal ‘n werknemer van Telkom bly tot aan die einde van Junie aanstaande jaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *