SportDecember 15, 2021
Die Namibiese regtervleuel Oderich Mouton is as sportman van die jaar van die rugbyklub FNB Universiteit van Namibië bekroon. Die studentespan het onder leiding van afrigter Johan Diergaardt vanjaar vir die vierde keer sedert 2015 die Namibië Rugby-unie se premierliga gewen – dié keer met ’n oorwinning van 30-20 teen FNB Western Suburbs in die finaal.