Sampofu het nie veel te sê oor NDF in Zambezi nieDecember 15, 2021
Die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu het nie veel te sê gehad oor die bevindings van die Nasionale Raad se staande komitee dat die NDF se teenwoordigheid in die streek bepaal moet word en dat inwoners, veral teen die grens van Botswana, onveilig voel nie. Sampofu sê soldate is ontplooi om mense te beskerm, nie om te baklei nie.