Prasa staan hofaansoek van gewese bestuurshoof teenDecember 15, 2021
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Prasa, het bevestig hy sal die dringende aansoek van ‘n interdik wat die gewese bestuurshoof Zolani Matthews ingestel het, teenstaan. Volgens ‘n woordvoerder, Andiswa Mkanda, het Matthews gister gesê hy gaan die agentskap voor die Arbeidshof in Johannesburg daag om sy afdanking te betwis. Sy kontrak met Prasa is op 2 Desember beëindig.