Ministerie van myne ondersoek vloeistof wat soos olie lykDecember 15, 2021
Die span wat deur die Namibiese ministerie van myne en energie gestuur is om vloeistof wat soos olie lyk by Vaalgras te ondersoek, is terug. Hulle sal nou hul monsters ontleed. Die gemeenskap van Vaalgras in die Karas-streek was in rep en roer toe vir water geboor is en die donker vloeistof te voorskyn kom. Andreas Simon, hoofwoordvoerder van die ministerie, was ook deel van die span en sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê water- en grondmonsters is geneem.